EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Video: Wie kan stry teen so ’n rooibaard?

Die baarde is beloer, daar is gestry en uiteindelik is die wenners bepaal in die www.mobserver.co.za baardkompetisie.

Die wenners, behalwe die langste baard waar ’n sentimeter of twee die baarde onderskei, is tydens die Wees Wakker Fees Saterdag by Laerskool Middelburg aangekondig.

Die langste baarde word nog gekontroleer en die wenner sal later die week bepaal word.

Natuurlik het al die skool se manspersoneel en redakteur van www.mobserver.co.za, Tobie van den Bergh, se baard ook gewaai op die verhoog.

Die titel van Meneer Grysbaard gaan aan Stoffel van Zyl.

Die Meneer Langbaard word beslis tussen Kevin Beech, Alvin Nieuwenhuis, Terry Garnett-Bennett,

Kevin Dobson en Werner Leach.

Meneer Fynbaard is Gerrie van der Merwe.

In die Meneer Rooibaard afdeling was daar strawwe kompetsie maar Johan van Vuuren het uiteindelik gewen.

Die Vuilbaard of Rowwe Bliksem is Wayne Boucher.

 

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button