Community galleriesEntertainmentGalleriesGeneralLifestyleLocal newsLocal sportNewsNews galleriesSport

Gallery: Bokkoors tref dorp

Dit was wel ’n warrelwindbesoek, maar as die Springbokke inrol, staan tyd stil! Die paar minute wat inwoners gekry het om skouers te skuur met hul gunsteling Springbok-spelers, sal ewiglik in hul geheues ingeëts wees.

En wat ’n vriendelike klomp.  Met ’n nasie bankvas agter jou, hoe anders?

Van Middelburg se grootste Leeu-ondersteuner, Dennies se skoolhoof mnr. Hannes Brits, tot die bejaarde erfgenaam van die Frewin persnalating me. Toy Frewin, kon die opwinding moeilik inhou om die klein mannetjies van TV rugby, reusagtig in lewende lywe te sien.

By St Jospehs Ouetehuis, waar die manne in Groen en Goud tee en kolwyntjies uitgedeel het, is daar lang geselsies aangeknoop met die bejaardes, en kon die Bokke nie hul vertrek kry, alvorens Eben Etzebeth ’n stewige soen, soos ’n duikslag op die veld, op me. Marie Boshoff se wang plant nie.

By die brandweer, waar die Bokke die finale verfhale op ’n gedenkmuur as deel van hulle #LoveRugy-veldtog getrek het, het skares Middelburgers hulle ingewag vir honderde selfies en handtekeninge.

Na sowat ’n uur se kuier met plaaslike ondersteuners, is die Bok-bus weer fort, Laeveld toe waar hulle Saterdag op Mbombela Stadion teen die Argentynse Poemas te staan kom.

Wat die Argentyne nie weet nie: Hulle is in vir ’n lelike pakslae, met honderdeduisende kanniedood ondersteuners agter hulle, insluitende die hele Middelburg!

Go Bokke!

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button