Maar daar is ook fynbaarde, vuilbaarde en langbaarde
Langer, rooier, gryser, rowwer...
Inskrywings stroom in vir www.mobserver.co.za se baardkompetisie en met net nog ’n week oor, raak die mededinging straf.
Dit is veral die Rooibaarde wat mekaar in die hare vlieg.
Daar is nog geen inskrywing vir Meneer Langbaard nie, maar daar skuil beslis iets daarin. Dit is duidelik die langbaarde wil nog so week se groei inkry.
Besonderhede wat op die foto van die inskrywer moet verskyn is:
• Naam en van.
• Kategorie waarvoor inskryf.
• Selnommer.
• Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.
Daar kan ingeskryf word in die volgende kategorieë:
• Meneer Grysbaard. Wen Buffelsfontein se troeteldoos.
• Meneer Vuilbaard. Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord.
• Meneer Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.
• Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.
• Meneer Rooibaard. Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.
Belangrik: Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.
Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.








