Local newsNews

Troeteldier kan jou in hof laat beland

Jou oulike troeteldier kan jou in die warm water laat beland!

Mnr. Victor Boshoff (voorsitter, Mpumalanga afdeling van die LimPuma Herpetologiese Vereniging) sê hulle is raadop met mense wat die wet op Biodiversiteit en Indringerspesies oortree, omdat hulle onwettig inheemse spesies aanhou.

Daar is reeds in Gauteng ‘n hofsaak aan die gang waar daar met ietermago’s gesmokkel is. Die beskuldigdes het borg van R3 000 elk gekry.

Die aanhou van alle inheemse spesies sonder dat ‘n permit deur die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap uitgereik is, is taboe! As jy hom uit sy natuurlike habitat steel, gáán hulle jou vervolg.

Alhoewel mense uitheemse slange en sekere spesies mag aanhou, is mnr. Boshoff ‘n voorvegter daarvoor dat dit ook onwettig verklaar moet word. Hy sê dat mense nie die gevare besef wanneer hulle veral giftige slangspesies laat invoer nie.

Mnr. Boshoff sê jou uitheemse spesies moet ten alle tye in ‘n hok wees.

‘n Reptiel soos ‘n iguana is baie gewild, maar jy mag hom glad nie buite sy hok laat los rondloop nie. As jy hom buite in die son wil sit, maak seker hy is in ‘n hok.

Boonop gaan hulle baie strenger optree teen veral troeteldierwinkels. “Jy mag nié ‘n luislang om iemand se nek sit vir foto’s nie. Slange is koudbloedig en doen nierversaking op as hulle te veel aan die vel van ‘n mens, wat warmbloedig is, blootgestel word.”

Hy en mnr. Zack Saayman (Voorsitter, Limpopo afdeling van die LimPuma Herpetologiese Vereniging) help die MTPA met polisiëring van kansvatters en word ook ondersteun deur die Dierebeskermingsvereniging.

• Mnr. Saayman is die voorsitter van die SA Reptiel Reddingseenheid en mnr. Boshoff die visevoorsitter.

Hulle nooi mense om aan te sluit by die LimPuma Herpetologiese Vereniging.

Vir meer inligting, bel mnr. Boshoff by 082 697 9954 of sy vrou, Karin, by 083 628 4902 of mnr. Saayman by 072 157 7364.

E-posse kan ook gestuur word na karin.boshoff@eject.co.za of info@sarru.co.za of gaan sluit aan by hul Facebook groepe Bites and Stings.com of South African Reptile Rescue Unit.

Lees ander stories hier:

Getting away with murder

Patient slits troat in Hospital

Cash in transit heist

Update: Sibiya guilty for manslaughter

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button