EntertainmentGeneralLifestyleLocal newsLocal sportNewsSport
Byna tyd vir Tour de Farm
Trek solank jou plaasskoene aan want die ALZU Tour de Farm is om die draai!
Die gewilde bergfietswedren vind vanjaar op 5 November plaas en soos gewoonlik kan deelnemers na lekker prysgeld uitsien.
• Die wenners (mans en vrouens) van die 80km-wedren wen elk R10 000, terwyl R5 000 op die spel is vir die man en vrou wat eerste oor die 35km-wenstreep jaag.
• Inskrywings kan by www.cycleevents.co.za gedoen word.



