
Bestanddele:
Een liter droë rooiwyn
125ml bruinsuiker
Twee lemoene en ’n halwe suurlemoen
Twee kaneelstokkies
Vyf naeltjies
’n Paar anyssade en neutmuskaatballetjies
Metode:
Verhit die wyn.
Voeg die suiker, sitrusvrugte en kruie by.
Laat die geure vir minstens vyf minute saam ontwikkel, hoe langer hoe beter.
As jy dit flambé, gebruik sterk drank soos brandewyn, whisky of jenewer in ’n lepel saam met suiker.
Gebruik ’n sif om die los bestanddele na onder te druk wanneer jy die glühwein opskep.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




