EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Markdag in Mall gehou

Op Jeugdag hou Middelburg se heel eerste groepie kinderentrepreneurs van YE Young Entrepreneurs 'n baie spesiale markdag.

Die kinders het in Februarie 2016 afgeskop met die program waarin hulle op ‘n speel-speel manier leer van entrepreneurskap en finansiële geletterdheid.

Die markdag is die hoogtepunt van die entrepreneurskapprogram, waarop hulle die geleentheid gebied word om die sake-beginsels waarvan hulle die afgelope paar maande geleer het, op ‘n praktiese wyse en met “regte sake-wêreld”-blootstelling te ervaar.

Die produkte wat verkoop word, is deur elke kind self gemaak (slegs tien produkte per kind) en dra dus die kind se eie stempel.

Young Entrepreneurs streef daarna om kinders aan te moedig om hul drome na te jaag en te glo in die toekoms.

‘n Suksesvolle markdag sal elke kinder-entrepreneur se entoesiasme beloon. Ondersteun hulle gerus by die Middelburg Mall op Donderdag, 16 Junie 2016 vanaf 09:00 by die Mall se hoofuitstalruimte (voor Woolworths).

Dit is die ideale geleentheid om op Jeugdag aan Middelburg se toekomstige sake-leiers te toon dat die toekoms vol geleenthede blink.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button