Local newsNews

Waar jou vleis met ingenieurspresisie verwerk word

Niks sal ons onderkry nie! Highveld se sluiting en afleggings in ander bedrywe, het mense nie na moedverloor se vlaktes gedryf nie, maar entrepreneurs gemaak.

Daar is inwoners wat uilkaste bou, karre was, staalwerke begin doen en ‘n vrou het selfs al beplan om grafte teen vergoeding skoon te maak.

Werner Stoltz was ‘n ingenieur by Highveld wat sy werk verloor het.

Hy het nie in sak en as gaan sit nie, maar sy deeltydse passie voltyds begin doen en Windpomp Vleis en Bewerking het ontstaan.

Werner het vir 13 jaar by Highveld as ingenieur gewerk en het ook deur hulle Ingenieurswese studeer.

“My vrou is baie lief vir windpompe en sy het die naam gekies. As mens afgeleg word, is daar nie tyd om jouself jammer te kry nie. Nog altyd het ek my eie vleis verwerk en het toe besluit dat dit nou tyd is om my eie besigheid op die been te bring.”

Werner Stoltz en Paul Gijima met van die gerookte salami's wat hulle maak.
Werner Stoltz en Paul Gijima met van die gerookte salami’s wat hulle maak.

Met ‘n ingenieur se presisie, verwerk hy jou vleis soos min ander slaghuise kan – enige produkte van wors, kaaswors, biltong, droëwors en sosaties tot gerookte salami en russians.

Dié oudleerder van HTS Middelburg, is ook ‘n professionele jagter.

“Ek is baie lief vir jag en wou nog altyd in die vleisbesigheid wees, maar mens voel veilig by jou werk. Toe hierdie ding by Highveld gebeur, was dit baie sleg, maar nou maak ek die beste van die saak en is ‘n geleentheid gegun om my eie vleisbesigheid te begin.”

Hy was ook onlangs by SA Butchery Training School en weet beslis wat hy doen.

“Ek is meestal in die wildbedryf, maar verwerk ook beesvleis en verskaf beide vars en gerookte produkte, en het pakkette wat jy kan bestel.”

Veral sy wors is ‘n groot treffer by kliënte en proe anders as enige ander wors in die dorp.

“Elandslaagte se bekende tannie Chrissie help my en ek het ook van haar resepte. Paul, wat al die jare by haar gewerk het, werk ook nou by my.”

Werner kan enige tyd help met jou vleis, reël net vooraf met hom.

WW3_77037

Jou vleis is vir seker in veilige hande by hierdie innoverende ingenieur wat hom nie laat onder kry nie.

Wees ook op die uitkyk vir Windpomp Vleis en Bewerking se deli-yskas by @Biltong & Deli waar die heerlikste vars en gerookte produkte te koop sal wees.

Vir enige navrae, kontak Werner by 082 325 3078 of stuur e-pos na windpompvleis@hotmail.com of besoek sy Facebook-blad by Windpomp Vleis en Bewerking.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button