GeneralLocal newsLocal sportNewsSchool sportSport

Rooi Bulle oorheers halfeindstryd

Dit is die Rooi Bulle teen Nelspruit in die eindstryd van die Mpumalanga Makroskoolreeks na Coene Nolte se span hul halfeindstryd met 67-20 teen Hoërskool Middelburg gewen het.

Die Rooi Bulle het elf drieë gedruk met hul vleuel – Waldo Conradie – wat vier keer deur die Middieverdediging gebars het.

Wat die A-spanne betref sal HTS se o/15’s, o/16’s en eerste spanne teen Nelspruit speel, terwyl Hoërskool Middelburg se o/14-span die Laevelders in die finaal sal pak. Die eindstryde word na die skoolvakansie op 23 Julie by Nelspruit beslis.

Die eindstryde van die B-spanne is die naweek afgehandel, met die Rooies se o/14B-, o/15B, derde en vierde span wat die provinsiale kampioen is. Nelspruit se o/16B’s en tweede span is Mpumalanga-wenners.

• Puntemakers:

Rooi Bulle: Drieë: Waldo Conradie (4), JC Pretorius (2), Uys du Preez, Ruben Cross, Boet Heyl, Japie Kleinhans en Ryan Cloete. Doelskoppe: Riekert Barnard (6).

Middies: Drieë: Casper Jordaan, Steven Pieterse en Wandile Shabangu. Doelskop: Moré Sonnekus. Strafskop: Sonnekus.

• Uitslae (HTS Middelburg as gasheerskool se telling eerste):

o/14A: 7-17 teen Nelspruit (halfeindstryd)

o/14B: 12-7 teen MHS (eindstryd)

o/15A: 49-5 teen MHS (halfeindstryd)

o/15B: 40-0 teen Nelspruit (eindstryd)

o/16A: 22-20 teen MHS (halfeindstryd)

o/16B: 0-33 teen Nelspruit (eindstryd)

Vierde span: 40-7 teen Nelspruit (eindstryd)

Derde span: 22-3 teen Nelspruit (eindstryd)

Tweede span: 5-39 teen Nelspruit (eindstryd)

Eerste span: 67-20 teen MHS (halfeindstryd).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button