Community galleriesGalleriesLocal newsNewsNews galleries

(Nuusflits) Video: As dit lemoene reën, moet jy skep

Vandag sal Middelburgers nie ’n tekort aan vitamiene C hê nie en heerlik smul aan uitgesoekte, ‘gratis’ uitvoerlemoene.

Vanoggend omstreeks 04:00 het ’n trok, wat uitvoerlemoene vervoer, omgeslaan by die verkeerslig by Protea- en Meyerstraat.

Volgens omstanders was die trok te swaar gelaai en die vrag nie ordentlik vasgemaak nie, wat veroorsaak dat die trok omgeslaan het.

Die bestuurder is nie ernstig beseer nie.

Reeds van die vroeë oggendure af het verkeersbeamptes, polisie en die brandweer probeer om die lemoene te beskerm teen die hordes mense wat die lemoene steel.

Ná ure se wag, is daar uiteindelik toestemming gegee dat die aasvoëls nou maar die lemoene (dié paar wat nog daar lê) mag vat.

Taxi’s, trokke, motors, bakkies en trollies was van die vervoermiddels wat ingespan is om te skep terwyl dit lemoene ‘reën’.

Lees ander stories hier:

Truck stuck under bridge

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button