Local newsNews

Helpende Hand aan studente sonder sente

Helpende Hand Middelburg en Yum Yum Cuisine het hande gevat in die Sente vir Studente projek waar Helpende Hand fondse insamel om die studies te betaal van 'n student wat in 2017 wil gaan studeer.

“Twee dinamiese spanne het die projek geloods deur blik te skud by verskillende verkeersligte in die dorp en ons is baie opgewonde om die gemeenskap mee te deel dat ons om en by R8 500 ingesamel het!” sê me. Carin du Plessis, voorsitter van Helpende Hand.

Hulle het ook piesangbroodjies aan die motoriste uitgedeel wat deur Yum Yum Cuisine geskenk is.

“Gedurende die week van 23 Mei 2016 sal ons muntleggings by skole hou waar leerlinge hul kleingeld in ‘n groot hand, uitgelê op ‘n sportveld, kan gooi. Dit beloof om pret te wees en die skole sal groot mediadekking kry. Natuurlik gaan elke sent na ons studiefonds.”

Elke sent wat hulle invorder, sal verdubbel word tot op R25 000 deur Solidariteit Helpende Hand Hoofkantoor.

Indien enige persoon wil deelneem aan die projek, bel Carin by 072 106 5231.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button