Local newsNews

Keiskamma nou John Magagula

Daar heers groot verwarring onder inwoners van Keiskammastraat, wat oornag skielik John Magagula heet.

Ongelukkig is die besluit om die hele Coetzeestraat na John Magagula te vernoem reeds in 2008 deur die raad geneem.

Die verkeersdepartement, wat verantwoordelik is vir die merk van straatname, het egter by Midwater die verwery gestop, en ‘n wysiging aan die vorige raadsbesluit, om die werk te voltooi, is in April verlede jaar geneem.

Dit is egter nie net die straatnaam wat inwoners van Keiskamma op die oorlogspad het nie, maar die verkeersdepartement se onwilligheid om gehoor te gee aan hul versoeke vir spoedwalle op dié Kyalami-baan.

Volgens mnr. Zylie Joubert, is die verkeersdepartement al telkemale genader om iets aan die probleem te doen.

Inwoners sukkel om in hul opritte uit en in te ry, weens die druk verkeer op die roete wat doodloop in die Vandyksdrift-pad.

“Ek hoop maar die verkeersdepartement doen hulle werk, ons kan nou niks aan die straatnaam doen nie, maar spoed is beheerbaar en ons veiligheid is in hulle hande,” sê mnr. Joubert.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button