Local newsNews

Kerk in woonbuurt

Hoewel die kerk, Die Gemeentes van Christus Tetelestai Middelburg, in Dennesig nie tans toestemming het om in 'n woonbuurt kerk te hou nie, is hulle in die proses om by die munisipaliteit toestemming te kry.

“Nog niemand het tot dusver by ons kom kla oor enige geraas of dat ons hulle steur nie. Ons is ‘n geregistreerde kerk en sukkel as gevolg van finansies om ‘n geskikte gebou te koop, maar is hard aan die werk om die perfekte perseel te kry,” sê pastoor Peet Fourie van Die Gemeentes van Christus Tetelestai Middelburg.

Sodra hulle ‘n nuwe gebou het, sal die gemeente daar byeenkom.

“Maar tot ons ‘n nuwe gebou het, kan enige iemand wat ‘n klagte het my gerus kontak sodat ons dit dadelik kan uitklaar.”

Kontak gerus vir pastoor Fourie by 071 254 5432 vir enige verdere navrae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button