Local newsNews

Opvolg: Vier musketiers se pelgrimstog eindig

Die vier musketiers van die Walk for Johlene-projek se staptog na die Kaap het vandag tot ’n einde gekom.

Hulle was vier weke op die pad en ná wat beskryf kan word as ’n pelgrimstog, sit die trane maar vlak.

“Ons is maar emosioneel en selfs morbied. Ek dink nie ons besef mooi wat ons bereik het nie,” vertel ’n emosionele lt.kol. Anton Crafford.

Lt.kol. Crafford sê dat hulle baie dankbaar is vir almal wat hierdie pelgrimstog moontlik gemaak het deur hulle persoonlik te ondersteun en ook aan diegene wat skenkings gemaak het.

“Ons voete het mooi gehou en dit gaan goed met ons. Nou moet ons maar terugkeer na die werklikheid van die wêreld. Dit was ’n ongelooflike diep emosionele en geestelike ervaring wat ons lewens verander het.”

Die manne se laaste deel van die roete, is soos volg:

Maandag, 25 April 2016 – begin by Kraaifontein en eindig by Bellville se Polisiestasie waar daar ’n seremonie vir hulle gehou gaan word

Dinsdag, 26 April 2016 – begin Bellville se Polisiestasie en eindig by Pinehurst se Polisiestasie waar daar ’n laaste seremonie vir hulle gehou gaan word en die skenkings oorhandig gaan word

Woensdag, 27 April 2016 – ry terug na die realiteit van die werklike wêreld in Bloemfontein

• Besoek gerus hulle Facebookblad, ‘Walk for Johlene – Bloemfontein to Cape Town’, om hulle projek te volg en ondersteun of donasies te maak wat direk aan Kansa sal gaan.

Lees vorige stories hier:

Walk for Johlene-projek verloop nog vlot

Vier musketiers ruik al amper die see

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button