Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNews

Video: 8 000 Toebroodjies gemaak!

Meer as 2 000 toebroodjies is gemaak as deel van die Feed A Child toebroodjieprojek by die Middelburg Mall en die Bambanani Mediese Sentrum.

Me. Judy van Deventer (van Feed A Child) het hierdie week elke besigheid en vrywilliger bedank wat op hierdie dae kom help toebroodjies maak het.

“Daar is 8 000 toebroodjies gemaak wat teen Saterdagaand alles uitgedeel is dié wat dit nodig gehad het.”

• Selfs die redakteur van die Middelburg Observer, mnr. Tobie van den Bergh, het Vrydag ingespring om toebroodjies vir die projek te smeer.

• Feed A Child se volgende projek is hul sop en broodjiesdag op 21 Mei. Thyme Out Koffiehuis is bereid om die sop gaar te maak vir die geleentheid, sou hulle vooraf genoeg groente en twee liter bakke kry vir die projek. Persone wat skenkings wil maak, kan me. Van Deventer bel by 083 231 5831.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button