EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Therese ’n semi-finalis vir mev. SA

’n Plaaslike skoonheid, Therese Grobler, is aangewys as een van die 100 semi-finalste in die Mev. SA kompetisie.

Die Schwarzkopf Professional Mrs South Africa het die Top 100 semi-finaliste aangewys uit ’n rekord getal inskrywings wat ontvang is.

Die Top 25 finaliste gaan meeding om die kroon tydens ’n ’n spoggeleentheid op 21 Oktober by Emperors Palace.

Therese is ’n Middelburger vanaf 2010 en is getroud met Bosman Grobler. Therese, ’n praktiserende Mediese Ortotis/Prostetis en eienaar van Grobler Ortotiste sê: “My doelgerigte lewe het gelei tot die inskrywing vir die kompetisie.

“Ek het een aand in 2013 wakker geword van ’n droom oor die Olimpiese Spele en ’n kroon. Die eerste gedagte was om die Olimpiese Spele in 2016 in Rio Janeiro, Brasilië, te gaan bywoon, maar as gevolg van die dalende rand moes ek fokus op die kroon. Al wat dit kon beteken was dat ek die Schwarzkopf Professional Mrs South Africa kroon myne moet maak.”

Die wenner van die Schwarzkopf Professional Mrs South Africa kompetisie is ’n suksesvolle vrou met ’n sterk persoonlikheid. Sy is ook welbesproke en intelligent.

Sy leef ’n gesonde leefstyl en is gemaklik in haar eie lyf. Sy is nie net ’n mooi gesiggie nie, maar is hardwerkend, goed versorg en ’n rolmodel vir enige vrou in Suid-Afrika.

Gedurende die volgende paar weke behels die kompetisie dat die semi-finaliste deelneem aan ’n sosiale mediaveldtog, borgskappe, modellering in swemdrag, asook ’n onderhoud.

Op 29 April, word die Top 25 finaliste aangekondig gedurende ’n prestige gala dinee wat by Emperors Palace ten bate van Kansa (Kankervereniging van Suid-Afrika) aangebied word.

By hierdie geleentheid is die semi-finaliste gasvroue vir ’n tafel wat verkoop word ten bate van Kansa.

Die gekroonde Schwarzkopf Professional Mrs South Africa sal ’n ambassadeur vir Suid- Afrika en al die borge wees.

Therese het ’n program geloods wat die belangrikheid van gesond leef benadruk. Die program se visie is om groentetuine in gemeenskappe te vestig, om sodoende ’n nutrientryke dieët te bevorder.

Hierdie tuine word deur die gemeenskap self bewerk en onderhou, en die produk word ook deur die gemeenskap self gebruik en/of verkoop..

Stem vir Therese deur die volgende stappe te volg:

•.Gaan “like” die Mrs South Africa blad op Facebook.

• Op die album van die Top 100 semi-finaliste, soek Therese se foto (nommer 87)

• Klik op die foto, en “like” die foto.

• Deel met vriende en familie sodat hulle ook kan stem.

Die semi-finalis met die meeste stemme op Facebook gaan outomaties deur na die Top 25 Finaliste. Elke stem tel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button