Gholfdag om vierjarige te help
Om te help met die mediese behandeling van 'n vierjarige seuntjie, word daar op 1 April 'n gholfdag by die Middelburg Buiteklub aangebied.
George Watson kan nie loop of praat nie, maar daardie engelglimlaggie wat hy almal mee beloon, laat hom dadelik in jou hart inkruip.
Hy het Dandy Walker sindroom en sal waarskynlik die res van sy lewe arbeids- en fisioterapie moet kry.
Sy ma, Leonora, sê dat hulle op ses maande agtergekom het daar is fout toe hy nie soos normale babas ontwikkel het nie.
Hordes toetse en skanderings later, is hy gediagnoseer met hierdie rare sindroom. Op hierdie stadium is George steeds op die ontwikkelingsvlak van ‘n ses maande oue baba en het geen refleksie in sy bene nie.
Sy ouers het hom aanvanklik gevat vir arbeids- en fisioterapie, maar me. Watson is by haar werk afgelê, waarna hulle ook hul mediese fonds verloor het.
Me. Watson sê daar is hoop omdat ‘n ortopeed George kan help om vir hom spalkies aan sy bene te sit en dat hy ‘n spesiale loopring moet kry om sy rug en heupe in lyn te hou. Hy sal ook intensiewe arbeids- en fisioterapie moet kry.
Hierdie behandelings sal egter etlike duisende rande beloop. Alhoewel hulle vanaf hierdie maand ‘n mediese fonds het, is dit slegs ‘n hospitaalplan en dek nie George se behandelings nie.
• Inskrywings vir die gholfdag beloop R1 000 per vierbal (Tweebal beterbal) en vir besprekings bel Nadia by 083 667 6682 of stuur epos na chantell@elite-training.co.za of ruanvdm3@gmail.com.
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



