Local newsNews

Dr Nel kom in, dr. Nel kom in asseblief…

'n Narkotiseur, verbonde aan die Universiteit van Pretoria se mediese fakulteit, dr. Marius Nel, is verstom, nadat sy sak met duur vliegtoerusting wat in eMalahleni gesteel is, op Middelburg gekry is.

Dr. Nel, die hoof van die narkotika departement by Witbank Hospitaal, bemoei met die opleiding van jong narkotiseurs, sê hy het verlede Maandag vlugtig by Builders Warehouse gestop, en wat gewoonlik ‘n vinnige in en uit inkopietog sou wees, is egter vertraag met net een kassiere agter die toonbanke.

Terug by sy motor was hy haastig, omdat hy sy kind moes gaan oplaai in Pretoria, waar hy woon.

Tuis het hy gemerk sy skootrekenaar en ‘n swart sak met vliegtoerusting is weg.

“Beide was ‘n geweldige slag, op my skootrekenaar was voorbereide lesings vir studente, en in die ander sak, my vliegtuig kommunikasiekopstuk, ‘n brandstoftoetsstuk, sowel as my vlieglisensie en noodprosedure handleiding, wat morsekodes insluit,” sê dr. Nel.

Dr. Nel sê hy vermoed die sentrale sluitsisteem van sy motor se sein is deur ‘n seinbreker gestop, en die boef het so toegang tot sy motor verkry.

“Ek moet erken ek was so haastig, ek het nie dubbel seker gemaak my motor is gesluit nie,” sê hy.

Dis ‘n ou laai van boewe en ‘n dubbele slag vir slagoffers, omdat versekeringsmaatskappye nie uitbetaal as daar nie gedwonge toegang tot die voertuig was nie.

Hy was oorbluf toe die Observer hom bel, nadat sy besonderhede by die burgerlugvaartowerheid verkry is.

‘n Munisipale parke werker het die vreemde sak tydens opruimingswerk in Walter Sisulustraat gevind.

Die werker het dadelik aan die koerant gedink en die sak by die Middelburg Observer kantore in Meyerstraat ingehandig, maar versuim om sy besonderhede te verstrek.

“Dis geweldig jammer want ek sal die man graag wil bedank,” sê dr. Nel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button