Local newsNews

Kreatiewe deurnag gebed

AGS Lighuis Gemeente bied vandag (Vrydag), vanaf 18:00 tot Saterdag om 06:00, 'n kreatiewe deurnag gebedsessie aan en nooi die gemeenskap om daarin te deel.

Daar gaan verskeie gebedstasies wees om die uitbeelding van die Onse Vader as gebedsmodel te visualiseer en so die gebedsreis ‘n opwindende belewenis te maak.

Daar word by die onderskeie gebedstasies sekere profetiese aksies soos die oopsluit van ‘n slot – om die spesifieke gedeelte te ondersteun en ook prakties te maak.

Die tydsgleuwe is opgedeel in ‘n uur elk, maar al wil jy net ‘n paar minute deel in die geleentheid is jy ook welkom. Die gemeente se deure sal deurentyd oop wees en daar is sekuriteit gereël.

“Val in en kom val op jou knieë voor Koning Jesus, daar is krag in gebed en ons dorp en land het dit nodig,” sê pastoor Danie Venter.

Lighuis Gemeente is op die hoek van Pongola- en Sondagsrivierstraat in Aerorand geleë. Vir enige navrae kan pastoor Venter gebel word by 082 925 3582.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button