EntertainmentLifestyleLocal newsNewsUpdate

Jan-Hendrik van der Westhuizen stel sy boek hier bekend

Jan-Hendrik van der Westhuizen, die onlangse wenner (en eerste Suid-Afrikaner) van 'n Michelin-ster, stel sy boek in Middelburg bekend.

JAN, A Breath of French Air/JAN, my Franse kosverhaal, is sy tweede boek wat beloof om vol heerlike, gesofistikeerde resepte te wees.

Volgens Struik Lifestyle, ‘n drukwerk van Penguin Random House South Africa, is dié boek ‘n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit sy restaurant, JAN – die welbekende restaurant in die suide van Frankryk.

“Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word. Die versameling van meer as 90 resepte strek van plaaslik gebakte brode, amuse bouche en watertandhoofdisse van vleis of vis, tot by die maaltye wat sjefs ná ‘n lang werkdag in die warm kombuis geniet.”

Die gemeenskap word uitgenooi om vir Jan-Hendrik te kom ontmoet by die bekendstelling van sy boek op 11 Maart 2016.

Dit begin 09:30 vir 10:00 by Cabbage and Rose Country Venue (Glen Cullen Estate, R555 Stoffbergpad) en boeke sal in beide Afrikaans en Engels beskikbaar wees teen R395.

Kaartjies kos R150 per persoon vir ‘n ligte ete en daar sal ‘n kontantwyntafel wees.

Vir besprekeings, kontak Amanda Cass by 083 626 1777.

•Annie van Zyl het ‘n moet-dit-nie-misloop-nie-onderhoud met Jan in Frankryk gevoer wat in die Maart uitgawe van die Get It tydskrif gepubliseer sal word.

Michelin ster vir ‘n Middelburger

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button