Kommentaar “Arrogant thief steals principal’s laptop”
Die hoof van Laerskool C.R. Swart, mnr. Pieter Fouché, se skootrekenaar is uit sy kantoor gesteel:
• Ronelle Nortje – Die man het nou al twee keer by ons winkel gesteel.
Het nie ’n bang haar op sy kop nie, vermom hom soos hy lus kry, maar ons ken al sy streke, hy dra ’n rooi hemp as hy steel, en blou streephemp as hy gesteelde goed verkoop.
Hy het altyd ’n laphoed gedra, maar loop deesdae kaalkop, pasop vir hom in jou besigheid.
• Via en Pieter Fouché – Die skool se hekke is heeldag gesluit maar word om half twee oopgemaak wanneer die skool uitkom. Hierdie man het saam met al die ouers ingekom. Die kinders is regtig veilig.
• Stefan Ebersohn – Dis baie veilig vir die kinders… Hy kon net sowel ’n kind ontvoer het.
• Leina Louw – Hy gaan terugkom, dalk met nog. Hy’t lekker lank gestaan en kyk wat alles in daai kantoor is.
• Leilani Zietsman – Hierdie video gee my rillings! Mag hierdie ’n wekroep wees vir skole.
• Hannetjie Venter – My kind is op daai video, nie ver agter hom nie. Ek sal so ’n gemors doodmaak!
• Elbie Collier – As dit so maklik is om by ’n skool in te stap en te steel, hoe lank voordat hulle kinders steel?
Video: Arrogant thief steals principal’s laptop



