EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Video: Geliefde minnesanger sterf

Die geliefde minnesanger, Kupido, die verhoognaam van Johan Wessels, is Maandagoggend, 22 Februarie 2016 in sy slaap oorlede.

Volgens sy broer, mnr. Louw Wessels, meer bekend as die sanger Alan Ladd, is hy aan hartversaking in sy slaap oorlede tydens ’n besoek aan sy suster, me. Susan Scheepers, in Middelburg.

“As kind het hy rumatiekkoors gehad en dit het maar nog altyd sy hart gepla.”

Hy was veral bekend vir sy grootste treffer, ‘Was Ek Maar ’n Digter’ en het ook groot treffers vir sangers soos Cora Marie, Johan Stemmet en Laurika Rauch geskryf.

Mnr. Wessels sê sy broer sal in die familiekerkhof begrawe word.

“Die begrafnis sal môreoggend op ’n familielid se plaas tussen Swartruggens en Zeerust wees.”

Kupido, een van die grootste liedjieskrywer in Suid-Afrika, was 62 jaar oud toe gesterf het en laat ’n leemte in die Afrikaanse musiekbedryf.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button