Nie eers gips aan haar been, kon klein Kaeleigh Bezuidenhout (Vissieklas, 2-3 jariges) weghou van hul konsert af nie.
Dit het werklik gevoel asof ‘n mens soos die jare toet by ‘n radio sit en al die ou liedjies daaruit hoor speel!
Deandré Greyling (Vissieklas) dans hande omhoog op die maat van “Onder die See”.
Stian Francis (Beertjieklas 0-12 maande) tydens hul vertoning van “Krokodille, hoe maak hulle?”
Dit lyk of Logan Vorster bid: “Ag Liewe Jesus help dat ek my beste sal doen,” terwyl die Leeuklas (3-4 jaar) die Mengelmoeskardoes doen. FOTO: Daleen Naude.
Brylee Mirizzi en Marnilie Kruger (Renosterklas, 4-5 jariges) in aksie met ” FM Stereo”.