Opvolg: Louis sit steeds met breuk
Talle lesers het gereageer op die storie van Louis Greyling wat met 'n tamaaie breuk op sy maag sit.
Die breuk is nou al so erg dat dit sy gesondheid belemmer omdat die gewig daarvan stadig maar seker besig is “om sy organe uit sy liggaam uit te trek”.
Daar is voorstelle van dokters gemaak wat mnr. Greyling kan gaan sien.
Een so dokter is by Steve Biko hospitaal in Pretoria. Maar om daar uit te kom moet mnr. Greyling eers ‘n verwysing van ‘n dokter in Middelburg kry.
Die waglys is ook amper ‘n jaar lank.
‘n Leser van Marble Hall het mnr. Greyling gekontak. Sy is nou besig om te poog om vir hom ‘n trustfonds deur middel van haar prokureur in Middelburg te open.
Lees meer hier:
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



