Local newsNews
Deur die redakteur se lens
Die Middelburg gemeenskap het ’n kykie gekry in die lief en leed, asook geskiedenis van sy dorp oor 40 jaar tydens die “Ink in my veins” uitstalling van Middelburg Observer redakteur, Tobie van den Bergh.
Die uitstalling het foto’s bevat van sy gunstelinge wat hy deur die jare geneem het vanaf onervare joernalis, tot ervare redakteur.
Hy wou geen lang toesprake maak nie. Net gesê dat dit vir hom ’n voorreg was en steeds is om ’n joernalis in Middelburg te wees. Hy het die gemeenskap, asook sy vrou, Mariana, en kinders bedank vir hul ondersteuning deur die jare.
“Middelburg is die beste plek om te bly!”
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!











