Opvolg: Pa in hof oor dogter
Die man wat na bewering sy dogter aangerand het na die Hoërskool Middelburg matriekafskeid, het vlugtig in die hof verskyn.
Daar word beweer dat hy die aand sy dogter aangerand het toe sy tuis kom. Toe haar vriend tussenbeide probeer tree, is hy ook blykbaar hardhandig behandel.
Die twee jongmense het die aand hulp gesoek by lede van die Gemeenskapspolisiëringsforum.
• Die pa is die dag na die matriekafskeid gearresteer en het reeds in die hof verskyn op ‘n klagte van aanranding. Hy is op eie verantwoordelikheid vrygelaat en moet weer op 13 November in die hof verskyn.
• Die beskuldigde se naam mag nie genoem word nie om die dogter te beskerm.
Lees meer hier:
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



