Local newsNews

Opvolg: Ontvoering – saak in kinderhof

Die seun wat aangekla is vir die ontvoering van die 13-jarige Neline van Zyl, is hierdie week sielkundig geëvalueer.

Pierre Steenkamp (18), van Groblersdal, word tans by ‘n plek van veiligheid vir jeugdige oortreders gehou.

Die saak word in die kinderhof aangehoor omdat beide partye minderjarig was toe die misdryf gepleeg is. ‘n Volgende hofdatum is nog nie bekend nie.

Neline van Zyl het op 10 September uit Middelburg weggeraak toe sy saam met Pierre Steenkamp op sy motorfiets geklim en na Groblersdal gery het.

Inwoners en die polisie het onverpoos na haar gesoek. Teen die naweek is die soekgeselskap na die Steenkamps se plaas in Groblersdal gelei.

Hulle is eers toegang tot die plaas geweier en kon haar nie daar opspoor toe hulle met ‘n lasbrief teruggekeer het nie.

Pierre en Neline is opgespoor by die Mossienes gastehuis naby Loskopdam.

Neline gekry!

English – They found Neline

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button