Nog ‘n dwelmverslaafde dood
Bekende dwelmverslaafde Jean-Marie Hanger is Dinsdag dood in haar verloofde se huis in Gholfsig aangetref.
Presies wat gebeur het, is tans nog onduidelik. Haar verloofde, Jacques Steyn, het volgens inligting op haar afgekom.
Jean-Marie was een van Middelburg se talle “dwelmkinders”. Daar is destyds oor haar berig nadat sy met ‘n vals donasie boekie by besighede omgegaan het om geld in te samel om haar dwelmafhanklikheid te voed.
Nadat sy gekonfronteer is, het sy deur middel van die Middelburg Polisie se kommunikasie beampte ‘n brief aan die koerant geskryf waarin sy verskoning vra vir haar aksies.
Daar is oral aangeneem dat Jean-Marie aan ‘n dwelmoordosis dood is nadat omstanders gesien het hoe haar liggaam deur patologiese dienste verwyder is. Die nadoodse ondersoek het egter bevind dat sy aan natuurlike oorsake, longontsteking, dood is.
Op haar Facebook profiel is ‘n foto met die woorde “If you give me just a small chance, I will prove to you that I will be one of the best decisions you’ll ever make.”
Nie haar verloofde of haar familie kon vir kommentaar bereik word nie.
Opvolg: Inspirerende verhaal gryp wêreld aan
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



