Parkering vir gestremdes!
Me. Verina Combrinck is vasbeslote om alle mense wat onregmatig op die gestremde parkerings stop, af te neem!
“My man het breinskade en my ma sukkel op 84 om te loop. En die meeste kere wat ons na by die gestremde parkerings kom, dan het iemand, wat niks makeer nie, daar gestop!”
Sy sê dat persone wat gestremd is of gestremde mense vervoer, duidelike plakkers in hul voertuigvensters het om aan te dui dat hulle daar mag stop.
“As daar nie ‘n plakker op jou venster is nie, gaan ek jou afneem en in die koerant laat publiseer!” het sy kwaad gedreig.
• Die gestremdes kla al vir jare oor die probleem. Gestremde parkerings is breër as gewone parkerings, sodat gestremdes, wat byvoorbeeld in ‘n rystoel is, makliker uit ‘n voertuig gehelp kan word.
• Sy het Donderdag omstreeks 12:00 ‘n BMW in die gestremde parkering by die Mom’s Apteek in OR Tambostraat afgeneem.




