Local newsNews

Bekende boer oorlede

Gert van Eeden (75), bekende boer van die Arnot omgewing word Saterdag om 10:00 vanuit die APK Middelburg ter ruste gelê.

Hy is Maandag in die Life Midmed Hospitaal oorlede, net oomblikke voordat hy oorgeplaas sou word na Pretoria om inwendige bloeding te probeer stop.

Hy was die laaste lid van dieselfde familie wat vir die afgelope 150 jaar op die plaas Bosmansspruit geboer het.

Van die dag wat Bosmansspruit vir die eerste keer as ’n plaas geregistreer is in die mid-1800’s, het die plaas nooit van hande verwissel.

Hy was die sesde en laaste geslag wat op die plaas gebore en gesterf het. Hy het op sy 50ste huweliksherdenking die plaas verlaat om plek te maak vir die Optimum Myn se Kwagga-Noord projek.

Nog twee geslagte het ook saam op die plaas grootgeword.

Die laaste drie jaar van sy lewe het hy as pensioenaris by sy seun op die plaas Nooitgedacht (langs Arnot Kragstasie) gewoon.

Hy word oorleef deur sy vrou, Lien, kinders Corine de Jonge, Rudolph en Henning van Eeden en suster Altie de Jager, en ses kleinkinders.

• Die familie wil graag vir mnr. Hennie Viljoen (bestuurder van die hospitaal), dr. August Chuamba en die matrone bedank vir hulle blitsvinnige optrede om probleme te hanteer, asook al die ander Midmed personeel, insluitende sekuriteit en gasvroue, wat puik diens gelewer het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button