Opvolg: Plakkaat laat eienaar wonder
Knus op die walle van die Olifantsrivier het twee jong mense spandeer, terwyl die hele wêreld na hulle gesoek het.
Die Observer het met die eienaar van die Mossienes gastehuis gepraat, waar Neline van Zyl (13) verlede week teruggevind is.
Mnr. Kotze, eienaar van Mossienes, sê dat sy verlede Woensdag, 16 September, daar deur polisiebeamptes gekry is, nadat hy ‘n Observer plakkaat van ‘n vermiste meisie by die Damwal sentrum gesien en vir Neline herken het.
Mnr. Kotze, sê dat hy die twee minderjariges, Neline en die 17-jarige seun, langs die Verenapad opgemerk het. Hy het gestop om hulle ‘n saamry kans te bied.
Die twee het vir hom gesê dat hul oppad is Groblersdal toe na die 17-jarige seun se ma. Hulle het vertel dat hul rygeleentheid met bagasie en al vir hulle weggery het, nadat daar by ‘n vulstasie gestop is om badkamer toe te gaan. Hulle moes toe verder loop.
Die seun en Neline het versoek om eers by die gastehuis te vertoef, om te rus en te bad, voordat hulle verder Groblersdal toe sou reis. Mnr. Kotze sê dat hulle kontant vooruit vir twee nagte betaal het.
“Hul was aangename gaste en het dood normaal voorgekom. Hulle het heerlik saam met die ander gaste gekuier en die 17-jarige seun het gereeld by die rivier gaan sit of sommer net na die supermark gestap oorkant die straat.”
Hy sê Neline het nie as ‘n ontvoerde voorgekom nie, en het meer as genoeg geleenthede gehad om hom of een van die ander gaste in kennis te stel dat sy ontvoer is. Hy kry gereeld jongmense en studente wat daar oornag en het niks snaaks vermoed nie.
Teen Woensdagoggend het mnr. Kotze die plakkate van Neline opgemerk, besef wat aangaan en onmiddellik die polisie in kennis gestel. Hy is daarna vergesel deur die polisie terug na die gastehuis toe.
“Die polisiebeampte het in die kar gebly terwyl ek ingegaan het en Neline gevra het of sy die meisie is wat vermis word. Sy het dit bevestig. Ek het hulle in kennis gestel dat die polisie reeds buite wag. Ek het ook aan die 17-jarige seun voorgestel dat hy homself aan die polisie gaan oorgee.”
Neline het saam met ‘n polisiebeampte agter gebly en mnr. Kotze is met die 17-jarige seun na die polisiestasie in Groblersdal. Daar het sy ma en ‘n prokureur reeds op hulle gewag.
Opvolg: Neline praat oor verdwyning
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



