Video: Gebede vanaf die koppie
Met die koel oggendluggie wat effens byt, het 70 mense vanoggend op die Gholfsig koppie vir Middelburg gebid.
Dit was nog stikdonker toe daar om 05:00 al begin is om die Here te loof en te dank.
Die groep het vir ons burgemeester, Mike Masina, gebid, asook vir ons dorp, Mhluzi, Nasaret, Eastdene en selfs vir eMalahleni. Twee inwoners vanaf eMalahleni het saamgebid.
Daar het baie gebede van dank ook opgegaan vir wat die Here reeds in ons dorp gedoen het. Nadat enkele persone gebid het, is daar in klein groepies verdeel om saam te bid.
Almal het erken dat Jesus die enigste antwoord vir Middelburg is. Om 06:00 is die ramshorings en shofars geblaas om ’n vas aan te kondig.
• Daar is groot opgewondenheid oor die stap waarin Jesus Christus erken word. Die stap begin more (Donderdag) om 10:00 vanaf die gebedsoond na die stadion, waar Danie Botha die lofprysing sal hanteer.
Plakkate, baniere en vlae word gemaak vir die optog.
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!








