Local newsNewsUpdate

Opvolg: Verdagte se ‘stormagtige verlede’

Die 17-jarige seun wat in verband met die verdwyning van Neline van Zyl gearresteer is, het 'n stormagtige verlede wat verskeie skorsings en 'n verbeteringskool insluit.

Volgens inligting van ‘n betroubare bron was hy van Februarie tot Augustus by Hoërskool Middelburg ingeskryf. Hy is in Maart uit die koshuis geskors en sy ouers is in Augustus versoek om hom uit die skool te verwyder.

Hy is egter nie formeel geskors nie.

Redes vir die versoek aan sy ouers sluit in dat hy feitlik nooit skool bygewoon het nie, bitter min skoolboeke gehad het en onaanvaarbare gedrag getoon het.

Voor sy vertrek het hy individuele aandag van onderwysers en ekstra klasse gekry in ‘n poging om hom te help met sy skoolwerk en gedrag.

Daar is na sy vertrek vasgestel dat hy voor hy by MHS aangeland het, by verskeie skole was wat privaatskole, asook ‘n verbeteringskool, insluit. Hy is ook na bewering uit Laerskool Julian Muller geskors.

Daar is betroubaar verneem dat beide Neline asook die verdagte se ouers sowat twee en ‘n half maande gelede in die hoof se kantoor was om die verhouding tussen hulle kinders aan te spreek.

Beide ouerpare het toe glo probeer om die verhouding stop te sit deur die twee toegang tot mekaar te weier.

“Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om die twee uitmekaar te hou. Maar hulle kon nie slaag om hul elektroniese kontak te keer nie,” sê die bron.

Die bron sê dat dit duidelik was dat die seun se ouers, wat as eerbare en opregte mense beskryf is, raadop met hom was. Hy het glo ook in Junie probeer selfmoord pleeg.

Afrikaans – Neline gekry!

English – They found Neline

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button