Opvolg: Danksegging vir Neline se terugkeer
Daar sal vanmiddag om 17:00 voor die Van Zyl-gesin se huis in Aerorand bymekaar gekom word vir gebede, hierdie nie om wanhopig te pleit vir ’n kind se veiligheid nie, maar om dankie te sê dat daardie gebede verhoor is.
Almal wat die geleentheid wil bywoon is welkom om die middag op die hoek van Keiskamma- en Hexrivierstraat bymekaar te kom. Neline (13) sal ook teenwoordig wees.
Neline was vir ses dae weg nadat sy laas Donderdag teen 14:00 as vermis aangemeld is. Sy is Woensdag by ’n gastehuis naby Loskopdam opgespoor en met haar ouers herenig.
Die gemeenskap het Sondag by haar ouerhuis gewees om te bid vir Neline se veilige terugkeer.
Haar ouers, Roelof en Petra, het Donderdag gevra dat hulle eers met rus gelaat word.
Teen laatoggend het hulle gesê die familie wil net eers alleen wees en dat Neline nog in haar nagklere was nadat sy die vorige dag op Groblersdal met haar ouers herenig is.
Die Middelburg Observer koerant het Donderdagoggend die spoor gevat vandat Neline op die dorp weggeraak het en ’n dramatiese verhaal gehoor van ’n motorfietsrit, vlug uit ’n bakkie en uiteindelik wegkruipplek by ’n gastehuis knus op die walle van die Olifantsrivier.
Die Polisie het gevra dat die gastehuis se naam vir eers verswyg word.
Intussen moes ’n minderjarige jong man vanoggend in die hof verskyn in verband met Neline se verdwyning.
Teen laatoggend was daar nog geen teken van hom by die Middelburg Landdroshof nie.
’n Koerant op Groblersdal en twee inwoners van Middelburg het intussen sy naam gepubliseer wat teenstrydig is met die strafproseswet. Hulle kan krimineel vervolg word.
Maroela Media het ook berig dat raadslid Rehana Pilodia van die Steve Tshwete Munisipaliteit en betrokke by die Polisie Gemeenskapsforum, gesê het dat die jong verdagte se ma ook aangekeer is, maar dit is onwaar.
www.mobserver.co.za lesers sal op hoogte gehou word met die vordering van die saak.
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



