Video: Taakmag help soek na Neline
Die Polisie Taakmag het Woensdagoggend om 05:35 'n gesinshuis in Kanonkop bestorm, in hulle soektog na die verdwene Neline van Zyl (13).
Neil de Lange sê dat hy eers gedink het dit is ‘n gewapende roof en toe ‘n klopjag vir dwelms, toe hy ‘n wapen op een van die mans se oorpakke sien. Die mans was almal Engelssprekend en het balaklawas en kamoefleerdrag aangehad.
Verskeie ander inwoners was verstom toe gewapende polisiemanne by hulle huise opgedaag het.
•Intussen kan twee inwoners kriminele klagtes in die gesig staar, nadat hulle die minderjarige verdagte op Facebook geïdentifiseer het. Dit is teenstrydig met die strafproseswet.
Een van Middelburg se raadslede, Rehana Pilodia, het ook volgens Maroela Media gesê dat die minderjarige se ma aangekeer is, maar dit is onwaar.
Video: Parents plead for return of missing daughter
Video – Opvolg: Beloning vir Neline
Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline
Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline
Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



