Local newsNews
Video: Kat met windbuks geskiet
In 'n bestek van slegs twee maande moes twee gesinne duisende rande spandeer aan veeartskostes nadat hul katte met windbukse geskiet is.

Marlies van Niekerk moes twee maande gelede hul kat, Lilly, se voorste been laat amputeer, nadat iemand die kat geskiet en dit die been vergruis het. Die operasie en behandeling het hulle R5 000 uit die sak gejaag.
Die kat is in die omgewing van hul huis, in Bothasbergstraat (Aerorand) geskiet.
Lilly het aanvanklik gesukkel om oor die weg te kom, maar sy het baie vinnig geleer om sonder die poot te loop en is alweer net so rats soos enige ander kat van haar portuur.
Lees meer in die Middelburg Observer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



