Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyleLocal newsNewsNews galleries
Buiteleweskou by De Voetpadkloof
Duisende mense het vanjaar se Buiteleweskou by De Voetpadkloof bygewoon.

Volgens mnr. Koos Kleinsmith (direkteur, De Voetpadkloof) was daar tussen 4 000 en 5 000 mense by die skou.
“Die pad het niemand afgeskrik nie. Middelburg en omgewing rock. Dit is die beste plek om in te bly. Elke persoon, van skouganger tot uitstaller, verdien ‘n klop op die skouer!”
• Mnr. Kleinsmith wil die KPMM Kontrakteursmaatskappy, wat tans besig is met die werk aan die N11, bedank nadat hulle spesiaal ‘n ingang langs die N11 gebou het vir die skou.
Dank gaan ook aan Forever Resorts, Sungiti Lodge, SA Brouerye, asook al die personeel en persone wat ‘n bydrae gelewer het tot die sukses van die skou.



















