Local newsNews

Dorp skud vere reg vir makietie

Die wiele vir die kykNET Kwêla Dorp van die Jaar makietie op 25 September is aan die rol!

Dit beloof om die partytjie van die jaar te wees en die geesdrif in afwagting daarvan, is steeds oral tasbaar.

Die Lighuis gemeente van dr. Tinus van der Merwe, het Donderdag sy steun aan Middelburg toegesê soos geeneen voor hom nie.

‘n Reuse windpomp is voor die kerk in Aerorand opgerig om te wys die Lighuis is trots Middelburg.

Daleen de Jager, van die A Piece of Cake, ‘n bakkery vir die soettande langs Amazon’s Restaurant, is besig om ‘n reuse koek te bak wat al die bekende bakens van die dorp en die omliggende omgewing sal ten toon stel om Middelburg as Kwêla se Dorp van die Jaar uit te beeld.

Daar word reeds aan talle lekker kompetisies beplan. Wie het Middelburg se weligste snor?

Watter besigheid se ontvangsdame is die vriendelikste? Of wie het die lelikste hond?

Daar sal dalk ook bakkompetisies, braaikompetisies, potjiekompetisies en pannekoek kompetisies wees – wat is jou talent?

Middelburg het sy ding gedoen, nou is dit die inwoners se beurt om bietjie met hulleself te spog.

Daar word ook lofprysings beplan.

Kwêla se kameraspan sal natuurlik alles en nog wat opneem vir uitsending later die jaar.

Hier kom ‘n ding!

Video: Frewin’s got that voting for Middelburg fever!

Video: Middelburg Kwêla dorp van die jaar!

Vote, Vote, Vote for Middelburg town of the year!

Video: Dorp Kwêla toe

Optog deur dorp

Video: Optog deur dorp van die jaar!

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button