Video: Coen gooi sewe 180’s
Die Steve Tshwete Veerpyltjieklub se manne word nou gereken as van Suid-Afrika se bestes nadat hulle as kampioene in hul afdeling gekroon is by die Suid-Afrikaanse Veerpyltjiekampioenskappe in Gauteng.
Volgens klubpresident, Manie Botha, was dit die eerste jaar wat hulle deelgeneem het en verdien al die spelers ’n klop op die skouer.
Meer as 1 000 spelers van regoor Suid-Afrika, verteenwoordigend van al die provinsies, het aan die kompetisie deelgeneem.
Burgemeester Mike Masina en burgemeesterskomiteelid, rdl. Rehana Pilodia, het Maandagaand se veerpyltjie-oefening bygewoon om die spelers geluk te wens.
Hy was veral trots dat dit die eerste keer is dat dié relatiewe jong klub, boonop met die naam Steve Tshwete, aan die kampioenskappe deelgeneem én koning gekraai het in afdeling vyf. Die span het nege van hul 10 rondtes gewen.
Met hierdie prestasie skuif hulle op in die ranglys en sal aanstaande jaar in afdeling vier deelneem.
Die spelers presteer as volg:
Coen Willemse wen 42 van sy 59 rondtes (71.20%), gooi sewe 180’s en 136 HC.
Wihan Oberholzer wen 38 uit 59 (64.40%).
Fielies Viljoen wen 35 uit 59 (59.30%).
Manie Botha wen 31 uit 58 (53.40%), hoogste toemaak van 115 met slegs 16 pyltjies.
Martin Viljoen wen 25 uit 47 (53.20%).
Alrico Botha wen 24 uit 47 (51.10%), hoogste toemaak met 108 en 117.
Koos Prinsloo wen agt uit 23 (34,79%).
Die spanuitslae:
Steve Tshwete vs Breedevalley (Wes-Kaap): 17-15.
Vs Bergrivier (Wes-Kaap): 21-15.
Vs George (Suid-Kaap): 10-26.
Vs Hesseque (Noordwes): 19-17.
Vs Ikara Hais (Noord-Kaap): 24-12.
Vs Capricon (Limpopo): 26-10.
Vs Nama Khoi (Noord-Kaap): 26-10.
Vs Umzinvubu (Oos-Kaap): 23-10.
Vs Johannesburg (Gauteng): 20-16.
Vs Vhembe (Limpopo): 22-14.
• ’n Video waar die span op die verhoog gaan om hul trofee tydens die kampioenskappe te ontvang, asook die gelukwensing deur burgemeester Masina kan gesien word by www.mobserver.co.za.



