Donkiemerrie ‘huil’ oor dooie vul
Motoriste het Sondag trane afgevee toe hulle 'n donkiemerrie kry wat langs die pad by haar dooie vulletjie staan en huil.
Die vulletjie is by Doornkop doodgery en mense is aangegryp deur die huilgeluide van die merrie.
Die Dierebeskermingsvereniging is deur me. Juanita Brits gekontak en ook senior inspekteur Petro Oberholzer (DBV) was verstom met die reaksie van die merrie. “Ons het die vulletjie ondersoek om te kyk of ons dalk kan help, maar hy was reeds dood. Die oomblik toe ek omdraai en vir die mense by my sê hy is dood, het sy omgedraai, weggeloop en harder gehuil!”
Daar is dadelik op die toneel besluit om die donkie “Maria” te noem, want daar is onder mekaar gefluister dat sy ‘n “Jesus-donkie” is.
• Die dier is baie maer en daar was toue om haar bene vasgemaak, wat in die vel ingesny het. Sy is dadelik in veilige bewaring geplaas vir die skutperiode.
Accident by Donkey just outside Middelburg
Video: Accidents by stray animals





