Local newsNews

Video: Een nóódlot, twee strate

Noem dit per toeval. Noem dit die noodlot. Noem dit pleinweg die duiwel was los!

Drié ongelukke het in Samora Machelstraat, en nog ‘n ongeluk in Walter Sisulustraat in een dag gebeur.

En om die kersie op die koek te sit, is ‘n ambulans, polisievoertuig en ‘n verkeersbeampte in drie van dié ongelukke betrokke.

Ongeluk 1:

‘n Ambulans van die Arnot Kragstasie met drie insittendes wat in Samora Machelstraat in die rigting van die Mall op pad was en ‘n wit Ford bakkie, met een insittende, wat regs vanuit Verdoornstraat gedraai het, bots.

Wie presies die ongeluk veroorsaak het, word nog ondersoek.

Almal wat in dié ongeluk betrokke was, is met ligte beserings na die Midmed Hospitaal geneem.

Twee ure later…

Ongeluk 2:

‘n Ma en haar agt maande-oue baba wat saam met haar ouma en ‘n vriendin in ‘n silwer Ford motor op pad was, was almal gelukkig om sonder enige beserings uit ‘n motorwrak te klim toe hulle in Kogelstraat oor ‘n gróén verkeerslig ry.

Die bestuurder van ‘n blou Volkswagen motor het na bewering oor die róói verkeerslig in Samora Machelstraat gejaag en hulle van regs getref.

IMG_0522 (LL ZN)

Dié jong bestuurder het deur ‘n huis se buitemuur gery en sonder enige beserings uit haar motorwrak geklim.

Die ongeluk het gebeur toe me. Sophia Venter onderweg was om haar vriendin se dogter, me. Marla van Dyk, se agtmaande-oue baba, Marko van Dyk, met ‘n verkoue dokter toe te neem.

‘n Video van dié ongeluk, soos dit gebeur het, is op videomateriaal vasgelê.

Die Observer het die bestuurder van die Volkswagen se ma genader vir kommentaar. Sy het geweier om met die joernaliste op die toneel te praat en gesê dat sy iemand by die koerant ken, wat nie deel is van die redaksiespan nie, wat sy sal kontak met kommentaar.

Hiervan het niks gekom nie.

Minute daarna op die hoek van Wanderers- en Walter Sisulustrate…

Ongeluk 3:

‘n Vragmotor se remme het die gees gegee toe die verkeerslig na rooi oorslaan en ‘n kettingbotsing waarin twee Isuzu bakkies, ‘n Toyota motor en polisievoertuig betrokke was, veroorsaak.

Al die voertuie het in die teenoorgestelde rigting van Loskopdam gery.

Een van die bestuurders wat in een van die Isuzu bakkies oppad was, is met nekbeserings na die Life Midmed Hospitaal geneem.

Ongeluk 4:

Etlike ure later. Térug in Samora Machelstraat.

‘n Verkeersbeampte wat besig is om jaagduiwels vas te vat, is raakgery! Dié verkeersbeampte het reg voor ‘n spoedvraat in sy rooi Fiat motor ingespring en aan hom probeer beduie om stil te hou.

Mnr. James Murphy (21) het egter aanhou ry, beheer verloor, binne in ‘n stilstaande vragmotor vasgejaag, uit sy motorwark gespring en te voet probeer vlug.

Hy is deur verkeerslede agterna gesit, platgetrek en in hegtenis geneem.

Die vragmotorbestuurder, mnr. Lucky Sifiso Shabangu, wat in die rigting van die Mall op pad was, het reg voor sy oë gesien hoe die verkeersbeampte ‘oor die pad rol’ nadat hy gestamp is.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button