Local newsNews

Ek moet stem – Middelburg dorp van die jaar

’n Blondekop seuntjie het verlede week bitterlik gehuil. Die rede? Sy pa het gesê hy gaan nie vir Middelburg stem as Dorp van die Jaar nie.

Die blondekoppie se pa het natuurlik ’n grap gemaak.

Die verhaal vertel egter die erns waarmee Middelburgers die poging aanpak om as Suid-Afrika se Dorp van die Jaar gekroon te word.

Die wenner word natuurlik bepaal deur die aantal stemme wat uitgebring word vir jou dorp.

Middelburg het formidabele teenstanders soos Wellington en Swakopmund.

Wellington het sy ryk wynboere aan boord, wat lugtyd koop en pryse beskikbaar stel en Swakopmund het Namibië.

Die Middelburg poging maak staat op elke stem en daar is al verskeie individue en sake-ondernemings wat pryse beskikbaar gestel het, of kontant inbetaal het in die rekening wat daarvoor geskep is.

’n Facebookblad, Middelburg Dorp van die Jaar, is reeds gevestig.

Op 17 en 18 Julie gaan twee stalletjies in die Mall beman word, waar inwoners gehelp kan word om sy 30 stemme uit te bring.

HR City het OH Frewin se uitdaging van verlede week aanvaar en R2 000 bygedra om lugtyd te koop.

Op 17 Julie gaan hulle deelneem aan die burgemeester se Stem Vrydag en as ’n stemstasie dien.

Op 18 Julie, wanneer die Bokke teen Australië speel, gaan ’n Dorp van die Jaar Makietie aangebied word by Event City, met vroue wat vir mense hul sms’e sal stuur indien hul nie self kan nie. Indien ’n persoon by die makietie bewys dat hy 30 stemme gestuur het, kwalifiseer hy vir ’n gratis bier of koeldrank.

Daar gaan musiek, ’n kinderhoekie en biertuin wees, asook eetgoed.

•Volgende week word ’n groot aankondiging gemaak met reuse pryse wat gewen kan word soos ’n kragopwekker, naweek en etes by Olifants River Lodge, maand se etes by Yum Yum Cuisine, duursame tablet voorsien deur Nashua, aand se verblyf by die Buiteklub en gratis gholf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button