Local newsNewsUpdate

Opvolg: Aangerand by OTM

'n Agttienjarige leerling van Hoërskool Middelburg is Vrydagaand naby die OTM by Roman's Pizza deur 'n onbekende man aangerand en in 'n plas bloed op die grond gelos.

Dit is onduidelik hoekom die aanranding plaasgevind het. Die moontlikheid van roof is uitgeskakel omdat mnr. Steyn steeds sy bankkaart en kontant by hom gehad het.

Mnr. Steyn is geslaan toe hy gaan geld trek het, terwyl sy vriende binne in Amazon’s Restaurant vir hom gewag het. Sy aanvaller is as ‘n lang man beskryf en het na die aanranding in ‘n swart Peugeot kar gevlug.

Daar moes 45 minute vir ‘n ambulans gewag word, omdat daar nie een in Middelburg beskikbaar was nie.

Mnr. Steyn is oor nag in die Midmed Hospitaal opgeneem vir waarneming. Buiten vir geheueverlies blyk dit dat hy nie enige permanente skade opgedoen het nie.

Indien iemand meer inligting oor die aanval het, of die voorval sien gebeur het, word hulle versoek om die Middelburg Observer bystandnommer te bel by 072 248 3855.

Lees vorige berig hier:

Seun teen kop geslaan

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button