Local newsNewsUpdate

Opvolg: Winkeleienaar erken aanranding

"Dit is onmoontlik dat enigiemand 'n voertuig met boeie kan sleep! Só 'n persoon sou die World Book of Records gehaal het!"

So sê Emile de Jager, ‘n voormalige polisiebeampte en winkeleienaar van Arnot na aantygings dat hy ‘n vermeende inbreker, Wayne Stander (22), sy kar laat sleep het nadat dié glo by sy woning ingebreek het.

Ooggetuies het vertel hoedat Stander met boeie en ‘n tou aan die voorkant van De Jager se voertuig vasgemaak is. Hy moes die kar sewe blokke ver tot by sy winkel, Many for A Penny, sleep.

Ander ooggetuies het vertel hoedat De Jager, Stander reg voor sy winkel soos ‘n hond aan ‘n paal vasgemaak en met ‘n bofbalkolf aangerand het.

De Jager het inligting ontvang dat Stander betrokke is by verskeie inbrake in die omgewing.

Omdat hyself ‘n slagoffers is, het hy besluit om reg in eie hande te neem en Stander by sy woning gaan oplaai.

“Die polisie is te slapg@t om hulle werk te doen, toe besluit ek om hulle werk vir hulle te doen!”

De Jager het Stander na ‘n ooggetuie se huis geneem, om hom positief uit te ken as die persoon wat by hom ingebreek het.

Hy het Stander geboei om hom na die polisiestasie te neem maar onderweg daarheen het hy uit die voertuig gespring, te voet probeer vlug en binne ‘n gruisgat beland.

Stander is vier keer met die bofbalkolf geslaan.

De Jager het sy gevangene met ‘n tou aan sy voertuig vasgemaak om hom na sy winkel te dwing, waar die polisie gekontak is.

Stander is op ‘n huisbraakaanklag in hegtenis geneem.

Soos hond moes hy kar sleep

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button