Opvolg: Kollega onthou spesiale oomblikke
Kollegas wat saam met reservis konstabel Erika Zeeman gewerk het, sal vandag tydens haar roudiens 'n erewag staan wanneer begrafnisgangers uit die kerk kom.
Konstabel Zeeman het haarself Saterdagaand by hul huis in Nyalastraat geskiet. Polisielede van verskeie eenhede het die aand na haar en haar man, adj. Piet Zeeman, se huis gejaag om hom en sy gesin te ondersteun. ‘n Polisiesielkundige is ook na die toneel ontbied.
“No, no, no! Why? How can this be! You said you will make me positive, told me I will make it. Why, why!” was die eerste woorde wat kapt. Renee Ballott, haar kollega en vriendin, Saterdagaand op Facebook geplaas het nadat sy gehoor het van konst. Zeeman se afsterwe.
Later skryf sy: “Liefste Erika jy het diep spore in my hart gelos, wou laaste ruk heeltyd saam met my gewees het, dan bly jy saam met my om my wakker te hou. Jy kon lankal gaan slaap het, dan ry ons twee die dorp plat. Ek het jou laaste nagskof vir jou ses wit rose gegee en gesê: ‘Jesus lief jou’. Min het ek geweet dit was die laaste siens.”
Die twee vroue het gereeld saam op skof gewerk.
Kapt. Ballott het aan die Observer gesê dat haar “hart stukkend” is. Sy het vertel dat konst. Zeeman by ‘n geleentheid groot mans aangevat het tydens ‘n bakleiery by Amazon’s en kapt. Ballott in gevaar was. “Met haar klein lyfie was sy nie bang vir daardie groot mans nie en het gesê: ‘Niemand slaan aan my kaptein nie.”
• Konst. Zeeman se familie en vriende het haar beskryf as ‘n liefdevolle mens.
• Die roudiens is vandag (Vrydag) om 11:00 uit die Hervormde Kerk, Noord gemeente (hoek van Vygie- en Akasiastraat).
Lees vorige berig hier:
Polisiereservis skiet haarself



