Local newsNews

Bernina – beste franchise – twee jaar in ‘n ry!

Die Bernina Middelburg span is vir die tweede opeenvolgende jaar as die Top Handelaar van die Jaar gekroon... En dít is alles te danke aan ons dorp wat dié franchise so voluit ondersteun asook puik dienslewering wat die besigheid daagliks aanbied.

Bernina Middelburg, wat al bykans 15 jaar bestaan, het teen 85 takke vanuit die hele Suidelike Afrika insluitende Namibië deelgeneem.

Die besigheid is saam met die ander takke beoordeel volgens hul verkoopsyfers asook die funksies wat hulle deur die loop van die jaar aangebied het, wat ‘n positiewe bydrae gelewer het tot die gemeenskap reg deur die jaar.

Bernina se bestuur bedank die gemeenskap vir hulle lojale ondersteuning wat dit moontlik gemaak het om hierdie toekenning te kon inpalm.

“Ons bedien die gemeenskap en die gemeenskap bedien ons… die een hand was die ander hand!” sê mede-eienaar Nadine de Bruin.

Die span het ook in 2012/2013 ‘n tweede plek vir Handelaar van die Jaar ingepalm.

Hulle het Dinsdag ‘n spesiale koek en tee – geleentheid gehou om die verowering van die toekenning te vier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button