Local newsNews
Driepoot likkewaan gehelp
'n Egpaar het 'n pootlose likkewaan van 'n gewisse dood gered by die Meyersbrug.
Volgens mnr. en me. Anton en Jacqueline Labuschagné het hulle die jong likkewaan opgemerk, terwyl hy teen die brug opklim. Hy sou kort daarna in die pad beland en waarskynlik doodgery word.
Hulle wou hom vang en dadelik loslaat, maar het gesien dat een van sy pote af is en dat daar ‘n kinkel in sy stert is weens nog ‘n besering.
Alhoewel die plek waar die poot afgeruk is, reeds herstel is en hy goed daarsonder regkom, is hulle baie bekommerd oor die besering aan sy stert. Sodra die stert gesond is, sal hulle hom in ‘n veilige plek gaan loslaat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




