Local newsNews
Waterpyp bars by Checkers
’n Waterpyp het laat Dinsdagmiddag in die Middelburg Mall se Checkers gebars.
Kliënte was verstom toe hulle kort voor 18:00 sien dat van die winkel se gange met water oorstroom is.
Volgens mnr. Mike Tammadge (Middelburg Mall bestuurder) het die pyp omstreeks 17:30 gebars.
Personeel van Checkers het egter dadelik ingespring en begin skoonmaak. Teen vroeg Woensdagoggend was die pyp herstel en het sake soos gewoonlik voortgegaan.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




