Local newsNews

Dawie Loots oorlede

’n Welbekende inwoner, mnr. Dawie Loots (60) is Woensdagmiddag in die Kosmos Hospitaal (eMalahleni) oorlede.

Mnr. Loots het verlede week ’n breukoperasie ondergaan, maar daar het komplikasies ingetree, waarna hy Woensdag in die intensiewe eenheid gesterf het.

Hy was voltyds die eienaar van Cooling en Cleaning Services, maar die meeste mense het hom geken vir sy harde werk om minderbevoorregtes in die gemeenskap te help.

Mnr. Loots was vir jare lid van die Rotariër klub en was een van die sakemanne wat destyds hard gewerk het om die handmonument by die Loskop Damwal tot sy glorie te herstel.

Sy dogter, Darelle, het Donderdagoggend gesê dat wanneer jy iets wou weet jy hom moes vra.

“Pa was altyd gereed met ’n grappie en wou altyd almal help. Hy het die lekkerste kos gemaak en het soms baie vroeg opgestaan om deeg te knie en ’n broodjie gebak te kry vir ontbyt. Dan sou hy so ewe te vertel gehad het dat hy die hele nag deeg geknie het om brood te bak!”

Sy kleinkinders was baie trots, want as hulle in die dorp was, het almal hom gegroet en is daar graag vir hom gesê: “Oupa, jy ken die hele dorp!”

Mnr. Loots word oorleef deur sy vrou, Hettie (met wie hy 35 jaar getroud was), dogters Rozanne, Darelle en Leandri, skoonseuns en drie kleinkinders, Inge, Dané en Christo.

• Daar is nog geen begrafnisreëlings getref nie. Persone wat navraag het rakende die begrafnis, kan Darelle bel by 082 839 0817.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button