Local newsNews

Opvolg: Vrou se toestand steeds kritiek

Dit is ’n toneel wat ’n mens aan die hart gryp: ’n Egpaar wat in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal hand-aand-hand langs mekaar lê - een kritiek beseer.

Die vrou wat Sondag ernstige breinbeserings opgedoen het in ’n ongeluk op die N4 hoofweg, se toestand is steeds kritiek en haar man word kort-kort met sy bed by haar in die intensiewe eenheid ingestoot.

Me. Christelle Lubbe (30) het ernstige breinbeserings opgedoen in die ongeluk, wat Sondag kort voor 15:00 naby die Arnot afrit plaasgevind het.

Haar man, Jaco, wat ook beseer is, word gereeld vanaf ’n ander saal met sy bed by haar in die intensiewe eenheid ingestoot om haar hand vas te hou.

Die egpaar was vanaf Pretoria, waar hulle by ’n troue was, oppad terug na hul huis in Hazyview toe die ongeluk gebeur het. Saam met hulle in die voertuig was hul 16 maande oue baba, Jano, asook me. Lubbe se ouers, Chris en Jacky van der Burg.

Die voertuig het die pad verlaat, waarop dit verskeie kere gerol het. Die baba, asook me. Lubbe is uit die voertuig geslinger. Almal is in die Life Midmed Hospitaal opgeneem, waarna die Van der Burgs en klein Jano Maandag ontslaan is.

• Lees in die Middelburg Observer se Vrydag uitgawe ooggetuies se weergawe van hoe die ongeluk gebeur het.

• Mnr. Lubbe en sy broers, Japie en Jurgens, is die eienaars van die welbekende Induna Adventures (in die Hazyview omgewing).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button